Titel: Hart van ink
Outeur: Cornelia Funke
ISBN: 978-0-9814075-8-6
UIT DRUK

 

“Dis buite donker en dynserig van die reën en die vreemdeling is skaars meer as ’n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak.”

Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug ná die man hom waarsku dat ’n meedoënlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter ’n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwoorde in die boek en in ’n ou Noord‑Italiaanse bergdorpie, waar die denkbeeldige skielik waar word. Hierdie fantasieverhaal is die eerste in ’n trilogie.

Die Duitse kinderboekskrywer Cornelia Funke se werk is reeds in meer as 40 tale vertaal en talle van haar boeke is wêreldwye blitsverkopers. Haar werk is ook met verskeie internasionale toekennings bekroon. Hart van ink is net die regte leesstof vir Harry Potter-aanhangers. Die boek is onlangs verfilm en Inkheart, met ’n sterbelaaide rolbesetting, word plaaslik in Februarie 2009 vrygestel.

. . . a parallel world to rival Tolkien’s . . .  The Times