Titel: Vroue, bly gesond lewenslank
Outeur: Dr. Sarah Jarvis, MA, BM BCH, DRCOG, FRCGP
ISBN: 978-1-920335-13-7
UIT DRUK

 

Raadpleeg  ’n span hoogs gerespekteerde vrouedokters en kry betroubare, gerusstellende advies oor al jou vrae en kwellings rakende jou gesondheid.
Vind uit hoekom vroue anders as mans geaffekteer word deur sommige toestande.
Leer om jou liggaam te verstaan – let op tekens wat  jou gerusstel of waarsku oor jou welsyn.
Maak positiewe, ingeligte keuses oor  jou gesondheid en jou toekoms.

 

Dr. Sarah Jarvis, MA, BM BCH, DRCOG, FRCGP, het in haar 19 jaar as algemene praktisyn ook tussendeur mediese artikels geskryf en oor die radio en televisie uitgesaai. Dis haar passie om mense toe te rus om hul eie besluite oor hul gesondheid te neem. Sy het reeds vier boeke en meer as 800 inligtingspamflette vir pasiënte gepubliseer. Sarah is die dokter vir BBC Radio 2 en “The One Show” vir BBC 1. Sy help ook verskeie liefdadigheidsinstansies om mense bewus te maak van hartsiektes, diabetes en vrouegesondheid.

Dr. Jarvis het ’n span hoogs bekwame mediese kundiges en spesialiste betrek om hierdie praktiese, leservriendelike en volledige boek oor vrouegesondheid moontlik te maak.