Titel: Vrolike Vaaltyn se verdere verhale
Outeur: Sandra Krogh
Illustrasies: Karen van den Merwe
ISBN: 978-1-920335-95-3
Beskikbaarheid: Amazon e-boek en druk-op-aanvraag

Die vermaaklike klein donkie Vaaltyn dink steeds hy is die oulikste en slimste wat daar is. En hier in
Vrolike Vaaltyn se verdere verhale is hy steeds op sy stukke en het hy nog altyd sy goeie – en
heelwat dommer – maat Diktand op sleeptou. Al lag Diktand soms lekker vir die penaries waarin
Vaaltyn beland, soos as hy sy oë toeknyp wanneer hy laat nael en met ore plat getrek en ’n
stokstywe stert, kort-kort KAPLAKS! in die rivier beland.

Pragtige, meevoerende illustrasies deur Karen van der Merwe vergesel weer eens hierdie
verhaaltjies wat oorspronklik deur ’n ma uitgedink en aan haar kinders vertel is. Kinders kan
vandag steeds deel in die lief en leed van Vaaltyn, Diktand en verdere karakters soos Oupa Uil,
Bobbejaan Tientoon, sersant Sarel Seekat en sy vrou Saartjie en talle ander.

Die boekie is geskik vir voor- sowel as selflees en behoort by ’n groot verskeidenheid lesertjies of
luisteraars byval te vind.