Vlamme van liefde

Lees meer oor Vlamme van liefde

Anandie, vlinderfyn en bekoorlik, en Luca die forsgeboude, aantreklike tandarts, is oënskynlik ‘n volmaakte paartjie.
Hul huweliksbootjie kantel egter gevaarlik wanneer ’n werkskollega haar skaamteloos aan Luca opdring. Die groenoogmonster van jaloesie steek sy aaklige kop uit om Anandie en Luca se verhouding te vertroebel. Die twee se vergeefse hunkering na ’n kindjie vererger boonop die misverstand tussen hulle . . .
Hoewel hulle mekaar ontsettend liefhet, maak die een die ander diep seer en hulle dryf nog verder uiteen. Sal Luca en Anandie ná vele foute en flaters tot besinning kom en die byna uitgebrande kooltjies van hul huwelik weer aanstook tot ’n liefdesvlam wat hoog en suiwer brand?
Wie weet, miskien gebeur daar tog ’n wonderwerk . . .

Liefdesverhale / Romantic fiction

  • Vlamme van liefde
  • Outeur: Arien Lubbe
  • ISBN: 978-1-920335-16-8
  • Prys:
  • Publikasiedatum: Einde Oktober 2011
  • Formaat:
  • Bladsye:


Genres