Titel: Talisman teen troosteloosheid
Outeur:  Annemarie van der Walt
ISBN: 978-0-9814075-6-2
UIT DRUK

 

Humor en heimwee loop hand aan hand in hierdie bundel. Saam met die outeur reis die leser in die Laeveld, in Afrikalande en in Europa, probeer kinders groot kry, hang uit in die local pub, hoor fado’s, woon in ’n treinwa vir ’n huis, probeer ’n huis bou, bedink die plek van vroue en hoor wonderlike soorte Afrikaans.

Telkens word die verteller onkant gevang: As die bouer nie laat weet hy is getoor nie, vra haar oudste of haar ma weet wat is ’n blow job. Of twee vroue in ’n supermark bespiegel oor ekse, die hof en die tronk. Maar as die dag wars begin, is daar die jubeling van ’n rooijakkalsoorgang, die hiënapad en die tierboskat se draai in Kaapsche Hoop.

Daar is odes aan bruin hotelletjies, ’n fado in Mosambiek en die ballade van Liesel Jordaan (lees Lucy Jordan). Saam met die droefheid van ’n ouma aan die dood afstaan, is daar die glimlag dat sy Jesus nou van aangesig tot aangesig sal sien nadat sy Hom glo in ’n voorafbesoek net skuins van agter af gesien het.

Die meeste van hierdie verhale het as rubrieke in Beeld verskyn.