Sonligdroom
Agter Marcella de Waal se bos ontembare krulhare en ietwat brose voorkoms skuil ’n sterk individualis wat haar nie sommer laat onderkry nie. Veral nie deur ’n chauvinis en vrouehater soos die narkotiseur Lukas de Lange nie. Hy is haar nuwe buurman en eienaar van die meenthuis wat sy huur – ’n beeld van ’n man, maar stroef en openlik krities oor ’n vróú as dominee.
Marcella het die medeleraarspos op Skoonstroom aanvaar om ’n nuwe begin te maak, die hartseer verlede in die stad agter te laat. En haar weiering om haar lewe deur beuselagtighede te laat versuur, laat haar bullebak van ’n buurman algaande ontdooi. Marcella se droom van ’n lewe wat weer vol sonlig kan wees, raak al meer moontlik...