ÿþ<!DOCTYPE html PUBLIC "-//W3C//DTD XHTML 1.0 Strict//EN" "http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-strict.dtd"> <html> <head> <meta http-equiv="content-type" content="text/html; charset=iso-8859-1" /> <title>Malan Media - Onafhanklike uitgewer vir die Afrikaanse mark</title> <meta name="keywords" content="Donker, sjokolade, liefdesverhaal, kompetisie, riglyne, afrikaanse boeke, uitgewer" /> <meta name="description" content="Donker Sjokolade-liefdesverhaalkompetisie" /> <link rel="stylesheet" type="text/css" href="default.css" /> </head> <script type="text/javascript"> var gaJsHost = (("https:" == document.location.protocol) ? "https://ssl." : "http://www."); document.write(unescape("%3Cscript src='" + gaJsHost + "google-analytics.com/ga.js' type='text/javascript'%3E%3C/script%3E")); </script> <script type="text/javascript"> try { var pageTracker = _gat._getTracker("UA-8453877-1"); pageTracker._trackPageview(); } catch(err) {}</script> <body> <div id="outer"> <div id="upbg"></div> <div id="inner"> <div id="header"> </div> <div id="menu"> <!--style="left: 0px; top: 0px; height: 50px"--> <!--<ul> <li class="first"><a href="malan-media.html" title="Wie is Malan Media?">Wie is Malan Media? / Who is Malan Media?</a></li> <li><a href="katalogus.html" title="Malan Media Katalogus">Katalogus Catalogue</a></li> <li><a href="kontak.html" title="Kontak Malan Media">Kontak_Ons Contact Us</a></li> <li><a href="kalender.html" title="Kalender">Kalender Calendar</a></li> <li><a href="nuut.html" title="Nuwe boeke...">Nuut New</a></li> <li><a href="resensies.html" title="Resensies">Resensies Reviews</a></li> <li><a href="manuskripte.html" title="Manuskripte">Manuskripte Manuscripts</a></li> </ul> --> <table> <tr> <td width="89px"> <a href="malan-media.html" title="Wie is Malan Media?" class="active">Wie / Who is Malan Media?</a> </td> <td> <a href="katalogus.html" title="Malan Media Katalogus">Katalogus Catalogue</a> </td> <td> <a href="kontak.html" title="Kontak Malan Media">Kontak_Ons Contact Us</a> </td> <td> <a href="kalender.html" title="Kalender">Kalender Calendar</a> </td> <td> <a href="nuut.html" title="Nuwe boeke...">Nuut New</a> </td> <td> <a href="resensies.html" title="Resensies">Resensies Reviews</a> </td> <td> <a href="manuskripte.html" title="Manuskripte">Manuskripte Manuscripts</a> </td> <td class="last"> <a href="bekendstellings.html" title="Manuskripte">Outeurs Authors</a> </td> </tr> </table> </div> <div id="primarycontent"> <!-- primary content start --> <h1>Riglyne vir `n liefdesverhaal</h1> <div class="content"> <ul> <li>Geen geweld, perversheid, godslaster, rassisme of kragwoorde wat aanstoot kan gee nie. </li> <li>Vertel die verhaal uit die heldin se perspektief. Soms kan jy dit ook deur die held se perspektief vertel, maar dan moet sy perspektief met  n hoofstuk van die heldin s n geskei word sodat die leser nie deurmekaar raak nie. </li> <li>Eksplisiete sekstonele is minder eroties as gesuggereerde seks. Liefdestonele, al is dit net soen, moenie oordoen word nie. Dit moet spaarsaam gebruik word  met klem op die uitgestelde begeerte. </li> <li>Daar is liefde, begrip en vriendskap tussen die held en heldin, nie net seksuele aantrekkingskrag nie. </li> <li>Jou leser lees juis  n Afrikaanse liefdesroman omdat sy die Suid-Afrikaanse landskap, kultuur en ander bekende dinge daarin wil teëkom. Dis in orde as  n deel van die roman in die buiteland afspeel, of in  n Afrikaland, maar dit moet hoofsaaklik in Suid-Afrika afspeel. </li> <li> n Gelukkige einde, of die belofte daarvan, is  n vereiste. Jou leser lees juis liefdesverhale omdat sy in die liefde wil glo. </li> <li>Die tema is liefde. Moenie soveel klem lê op ander aspekte van die verhaal dat die liefde  n bysaak word nie. </li> <li>Skep spanning. Die leser moet tot kort voor die einde wonder: En nou, wat gaan nou gebeur? </li> <li> n Liefdesverhaal is in die eerste plek  n goeie verhaal. Hier is  n paar riglyne vir skrywers wat die eerste keer hulle hand aan  n verhaal waag: <br /><b>1.</b> Skryf eers jou hele verhaal in  n bladsy uit sodat jy jou nie later vasskryf nie. <br /><b>2.</b> Maak  n lys van jou karakters waarin jy skryf hoe hulle lyk, hoe oud hulle is, waarvan hulle hou en nie hou nie, wat hulle graag wil bereik, hulle goeie en swak karaktereienskappe. <br /><b>3.</b> Moenie te veel karakters gebruik nie; dit maak die leser net deurmekaar. <br /><b>4.</b> Besluit wie jou hoofkarakter is en vertel hierdie karakter se verhaal, nie almal wat betrokke is s n ook nie. <br /><b>5.</b> Moet egter nie jou newekarakters verwaarloos nie maar skryf minder oor hulle as oor jou hoofkarakter. <br /><b>6.</b> Besluit uit wie se perspektief jy skryf, met ander woorde: uit wie se oogpunt die verhaal vertel word. <br /><b>7.</b> Moenie vir die leser vertel wat gebeur, wat die hoofkarakter dink en sien voel nie, laat die hoofkarakter dit net doen. <br /><b>8.</b> Probeer altyd ewe veel dialoog, omgewing en handeling in  n paragraaf plaas. <br /><b>9.</b> Vermy te veel rampspoed op die heldin se pad. Natuurlik kan daar droefheid en rampspoed wees, maar te veel daarvan word ongeloofwaardig. <br /><b>10.</b> Daar bestaan nie  n verhaal sonder konflik nie. Besluit vooraf wat die konflik is. <br /><b>11.</b> Elke mens is en praat anders. Moenie al jou karakters dieselfde laat praat nie. <br /><b>12.</b> Moenie melodramatiese karakters te skep nie (tensy jy met een van hulle wil spot).  n Histeriese, ooremosionele hoofkarakter oortuig nie. <br /><b>13.</b> Skep  n sterk heldin en held.  n Patetiese heldin wat net gelukkig kan wees as  n man haar liefhet, oortuig nie meer nie. Ons leef in  n ander tyd as dié van patetiese en weerlose vroue. <br /><b>14.</b> Vermy te veel filosofie. Dit verveel die leser. Sy wil weet wat gebeur. <br /><b>15.</b> Wees trots daarop dat jy  n liefdesverhaal skep en geniet dit. Daar kleef nie meer  n stigma aan liefdesverhale nie. Dit word erken as een van die gewildste genres ter wêreld. As jy  n gevestigde skrywer van literêre verhale is, is dit verstaanbaar dat jy  n skuilnaam wil gebruik vir jou liefdesverhale omdat Suid-Afrikaanse lesers nog nie aanvaar het as mens kan skryf, kan jy alles skryf nie. Maar gebruik dan vir jou daaropvolgende liefdesromans dieselfde skuilnaam sodat jy jou ook as liefdesverhaalskrywer onder hierdie naam kan vestig. </li> </ul> <p><strong>Tegniese sake</strong></p> <ul> <li>Geen elektroniese romans sal aanvaar word nie. Wanneer die uitgewery jou roman aanvaar, sal jy versoek word om  n elektroniese weergawe te stuur. </li> <li>Dubbelspasiëring. </li> <li>Times New Roman. </li> <li>12 pt. </li> <li>Die eerste paragraaf van elke hoofstuk begin teen die kantlyn, die res word 1.27 cm ingekeep. </li> <li>As jy dubbelwit gebruik in  n hoofstuk, begin die eerste paragraaf ook teen die kantlyn, en die res weer 1.27 cm ingekeep. </li> <li>Kontroleer jou hoofstuknommers om seker te maak daar is nie byvoorbeeld twee hoofstukke 12 en geen hoofstuk 11 nie. </li> <li>Geen grafiese werk of foto s nie. </li> <li>Moenie jou roman registreer nie maar behou  n afskrif daarvan. Die uitgewery stuur nie romans terug wat nie aanvaar word nie. Die uitgewery sal per e-pos ontvangs daarvan erken. </li> <li>Die uitgewery besluit oor die omslagontwerp omdat dit  n hoogs gespesialiseerde markaangeleentheid is. </li> </ul> </div> </div><!-- primary content end --> <div id="secondarycontent"> <!-- secondary content start --> <h3>Genres</h3> <ul class="secondarylist"> <li class="first"><a href="naslaanboeke.html" title="Opvoedkundig">Opvoedkundig / Educational</a></li> <li><a href="fiksie-11-14.html" title="Jeugfiksie">Jeugfiksie / Youth fiction</a></li> <li><a href="Niefiksie-volwassenes.html" title="Niefiksie: Volwassenes">Niefiksie: Volwassenes / Adult non-fiction:</a> </li> <li style="margin-top: 0px; padding-left: 20px; list-style-position: outside; font-size: 8pt; margin-left: 0px; padding-top: 0px; font-style: italic; list-style-type: disc"> <a href="gesondheid-en-leefstyl.html" title="Gesondheid en leefstyl">Gesondheid en leefstyl / Health and lifestyle</a> <a href="binding-met-jou-boepie.html" title="Binding met jou boepie">Swangerskap / Pregnancy</a> </li> <li><a href="geskenkboeke.html" title="Geskenkboeke">Geskenkboeke / Gift books</a></li> <li><a href="kortverhale.html" title="Kortverhale">Kortverhale / Short stories</a></li> <li>Kultuur / Culture</li> <li><a href="liefdesverhale.html" title="Liefdesverhale">Liefdesverhale / Romantic fiction</a></li> <li><a href="geskiedenis.html" title="Geskiedenis">Geskiedenis / History</a></li> <li><a href="godsdiens.html" title="Godsdiens">Godsdiens / Religion</a></li> <li><a href="humor.html" title="Humor">Humor / Humour</a></li> <li>Outobiografieë / Autobiographies</li> <li>Biografieë / Biographies</li> </ul> </div><!-- secondary content end --> <div id="footer"> &#169; Malan Media All Rights Reserved. </div> </div> </div> </body> </html>