Liefde anderkant die Rubicon
Ná haar egskeiding verdiep Anelle – ’n sprankelende, aantreklike vrou – haar in haar werk en wy haar toe aan haar tienerdogter. Sy probeer haarself oortuig dat sy nie weer in ‘n verhouding betrokke wil raak nie. Maar dis nie aldag maklik nie en soms oorweldig die hartseer en verlange haar . . .
Tot haar goeie vriend en werkskollega haar aan sy broer Werner voorstel. Dié lenige en onweerstaanbaar aantreklike chirurg, soos sy ’n enkelouer, maak haar knieë lam en uit die staanspoor vlieg die vonke tussen hulle.
Ook Werner sukkel om vrede te maak met die verlede en om sy geliefde vrou se tragiese dood te bowe te kom. Sal elk van hulle die spoke uit die verlede kan besweer om uiteindelik pasmaats te word? En wat van haar eksman wat uit die bloute opdaag en haar liefdeslewe deurmekaarkrap . . .