ÿþ<!DOCTYPE html PUBLIC "-//W3C//DTD XHTML 1.0 Strict//EN" "http://www.w3.org/TR/xhtml1/DTD/xhtml1-strict.dtd"> <html> <head> <meta http-equiv="content-type" content="text/html; charset=iso-8859-1" /> <title>Resensies - Malan Media - Onafhanklike uitgewer</title> <meta name="keywords" content="" /> <meta name="description" content="resensies, Malan Media resensies, fokus op gesondheid en leefstyl, swangerskap, baba- en kindersorg, ouerskap, naslaanboeke vir skoolgaande kinders en beplan om later ook genotvolle fiksie gemik op 7- tot 15-jariges" /> <link rel="stylesheet" type="text/css" href="default.css" /> </head> <script type="text/javascript"> var gaJsHost = (("https:" == document.location.protocol) ? "https://ssl." : "http://www."); document.write(unescape("%3Cscript src='" + gaJsHost + "google-analytics.com/ga.js' type='text/javascript'%3E%3C/script%3E")); </script> <script type="text/javascript"> try { var pageTracker = _gat._getTracker("UA-8453877-1"); pageTracker._trackPageview(); } catch(err) {}</script> <body> <a name="top"></a> <div id="outer"> <div id="upbg"></div> <div id="inner"> <div id="header"> </div> <div id="menu"> <table> <tr> <td width="89px"> <a href="malan-media.html" title="Wie is Malan Media?">Wie / Who is Malan Media?</a> </td> <td> <a href="katalogus.html" title="Malan Media Katalogus">Katalogus Catalogue</a> </td> <td> <a href="kontak.html" title="Kontak Malan Media">Kontak_Ons Contact Us</a> </td> <td> <a href="kalender.html" title="Kalender">Kalender Calendar</a> </td> <td> <a href="nuut.html" title="Nuwe boeke...">Nuut New</a> </td> <td> <a href="resensies.html" title="Resensies" class="active">Resensies Reviews</a> </td> <td> <a href="manuskripte.html" title="Manuskripte">Manuskripte Manuscripts</a> </td> <td class="last"> <a href="bekendstellings.html" title="Bekendstellings">Outeurs Authors</a> </td> </tr> </table> </div> <div id="primarycontent"> <!-- primary content start --> <h1>Resensies</h1> <div class="content"> <p><strong>Hoe byna alles uitgevind is deur die Brainwaves  Rooi Rose Mei 2009</strong></p> <a name="16"></a> <p><strong>Ronel Nel</strong><br/> Wanneer is die eerste wiel gebruik? En wat is die verband tussen  n teepot en  n trein? Groot idees wat die wêreld geskud, help skep en verander het.  n Heerlike, snaakse kinderboek wat fokus op uitvindings en waar  byna alles vandaan kom. Ma en Pa sal self ook  n paar dinge leer. </p> <hr /> <p><strong>Binding met jou boepie deur dr Miriam Stoppard  Pluslees / Beeld 11 Maart 2009</strong></p> <a name="18"></a> <p><strong>Riëtte Grobler</strong><br/> Daar s  n baba in jou boep. <strong>Binding met jou boepie</strong> help jou om jou ongebore baba te leer ken, verstaan en koester.<br/> Dr. Miriam Stoppard bekyk die jongste navorsing oor babas in die baarmoeder en verduidelik hoekom die band tussen moeder en baba noodsaaklik is vir die toekomstige welsyn van die ma, pa en kind.<br/> Die boek verduidelik onder meer emosies soos blydskap en bekommernis, die maniere waarop swangerskap jou persoonlikheid laat ontwikkel, hoe om aan te pas by die veranderinge wat ouerskap meebring en voorbereiding vir die soort ouers wat julle gaan wees.<br/> Pa s kan ook by die boek baat, met riglyne oor hoe om  n betrokke en geïnteresseerde maat te wees.<br/> Sy dek aspekte soos voorgeboortsesorg, name, keuses wat swanger vroue moet maak en hoe om ná die geboorte  n sterk band met jou baba te vorm. Daar is ruimte vir foto s, skanderings en kerngedagtes oor jou swangerskap en bevalling.<br/> </p> <hr /> <p><strong>Binding met jou boepie deur dr Miriam Stoppard  Sarie Februarie 2009</strong></p> <a name="19"></a> <p> Nuttig vir vroue wat hul eersteling verwag. Al die emosionele aspekte van swangerskap en binding met jou baba word bespreek: die verloop van swangerskap, geboorte, verskillende geboorte-opsies, swangerskapverlof vir julle albei, ens. Suid-Afrikaanse inligting is oral bygewerk waar dit relevant is. </p> <hr /> <p><strong>Hart van ink deur Cornelia Funke  Rooi Rose November 2009</strong></p> <a name="20"></a> <p><strong>Ronel Nel</strong><br/> Funke se weghol-verkoper, <em>Inkheart</em>, is ook nou in Afrikaans beskikbaar.  n Magiese avontuurreis saam met Meggie en haar pa wat moet vlug nadat  n man hom waarsku dat meedoënlose skurke op sy spoor is. Aan die kern van die raaisel lê  n geheimsinnige boek in  n ou Noord-Italiaanse dorpie, waar die denkbeeldige skielik waar word. Fantasie op sy heel beste. <br/> </p> <hr /> <p><strong>Meisies eerste by nuwe Afrikaanse uitgewer  Rapport 22 Februarie 2009</strong></p> <p><strong>Rachelle Greeff</strong><br/> Fone skreeu, katte miaau, honde blaf, dis etenstyd, maar ma léés. Van begin tot einde. Tóé eers staan sy op.<br/> Want na dekades onthou sy presiés . . . hoe dit is om  n meisie te wees sonder  n titseltjie tietie terwyl almal om jou klaar bra dra. Intens herlewe sy ook <em>issues</em> met maats, klere, adolessente alwetendheid en matelose onsekerheid.<br/> Goed, <em>Meisies se dinge & opblaasbra s</em> is gemik op meisies, nie eintlik ma s nie. Maar wys jou net watter woordtowenares hier haar skryfstaffie swaai. Dit is nou maar eenmaal pynlik, dié tienerfase hier van ongeveer 11 jaar af.<br/> Maar die supersuksesvolle Britse tienerskrywer Cathy Hopkins skryf met soveel humor, selfs die seer is lekker. En sy skryf asof sy vandag steeds woon in die lyf en hart van  n meisiemens. Die idioom en agtergrond waarteen sy haar boeke maak, is kontemporêr, die ervaring en gevoelens tydloos. Haar boeke is blitsverkopers en word (in vertaalde weergawes) in 26 lande buite Engeland ook opgeraap.<br/> En  n splinternuwe Suid-Afrikaanse uitgewer, Malan Media, met Daleen Malan van Pretoria aan die stuur, het gespring en die Afrikaanse vertaalregte van die <em>Meisies se dinge</em>-reeks bekom.<br/> <em>Meisies se dinge & opblaasbra s</em> is die eerste boek in  n reeks van 13  een elke maand. Teken jy op die hele reeks in, kry jy no. 13 verniet.<br/> Die hoofkarakters van die <em>Meisies</em>-reeks is Lucy, Izzie, Nesta en TJ. Hullle woon in Londen, daai verre voorstad van Suid-Afrika.<br/> Die feit dat hulle dáár is en nie hier nie, doen nie  n snars afbreuk aan hul wedervaringe en binnewêrelde nie. Dit gee net meer kleur en geur.<br/> En dit wys die jong leser wat dit dalk nog nie weet nie, alle mense, waar ook al, deel min of meer dieselfde emosies. Boonop is die vertaling klopdisselboom.<br/> <strong>(verkort)</strong> </p> <hr /> <p><strong>Meisies se dinge & opblaasbra s - Rooi Rose Junie 2009</strong></p> <a name="15"></a> <p><strong>Ronel Nel</strong><br/> Die Afrikaanse vertaling van die immergewilde jeugskrywer, Cathy Hopkins, is gedoen met  n heerlike, moderne varsheid  en, hoor ek by my tiener, dit is <em>actually</em> hoe hulle praat. </p> <hr /> <p><strong>Meisies se dinge & & (2  5) deur Cathy Hopkins  Rooi Rose November 2009</strong></p> <a name="20"></a> <p><strong>Ronel Nel</strong><br/> Hopkins se uiters gewilde tienerreeks is nou in Afrikaans beskikbaar. Volg Lucy, Izzie, Nesta en TJ se vriendskap deur dik en dun - skreeusnaakse avonture, pret in die klaskamer, liefdesprobleme - en hoe om die regte ou te kry. Eersteklas-leesstof vir meisies van twaalf en ouer en net betyds, noudat die Twilight-fenomeen die jonges weer aan die lees het. </p> <hr /> <p><strong>Vroue, bly gesond lewenslank deur dr Sarah Jarvis en  n span vrouedokters  Rooi Rose Januarie 2010</strong></p> <a name="20"></a> <p><strong>Ronel Nel</strong><br/> Dit is  n uitsonderlike mediese handboek/ensiklopedie gemik op vroue en al hul lyflike (en psigiese) dinge.  n Gesaghebbende boek saamgestel deur van die wêreld se voorste vrouedokters, onder leiding van die bekende dr. Sarah Jarvis.<br/> Die boek lees maklik en lekker. Dit is in dekades ingedeel (vanaf jou tienerjare tot in jou tagtigs) en illustreer wat jy kan verwag van jou liggaam. Dit dek ook siektes en ongesteldhede.<br/> Die indeks is verstaanbaar, die jongste mediese prosedures en tipiese simptome vir bekende en minder bekende siektes word bespreek. Netelige kwessies soos drank- en dwelmmisbruik, kanker en die aftakeling in die ouderdom word klinies, nugter en openhartig benader.<br/> Dit is  n noodsaaklike handboek vir elke vrou wat  n sinryke, gebalanseerde lewe wil lei  keurig, slim en oorkoepelend. Dis vanjaar met die Britse Mediese Vereniging se prys in die kategorie Populêre Geneeskunde bekroon.<br/> </p> <hr /> <p><strong> n Goeie kopie, dié boek-vir-elke-vrou  Rapport 10 Januarie 2010</strong></p> <a name="20"></a> <p><strong>Rachelle Greeff</strong><br/> <em>Women s Health for Life</em>,  n lywige hardeband-juffrou, het in die loop van verlede jaar by Dorling Kindersley in Engeland verskyn en was voor die einde van die jaar by ons op die rakke  in Afrikaans.<br/> En dit danksy Daleen Malan van Erasmusrand, Pretoria, wat die uitgewery Malan Media op eie houtjie bedryf  sy antwoord die telefoon, bemark en sorg dat die gehalte van  n vertaling soos dié topklas is.<br/> Dorling Kindersley het weinig reklame nodig, want hul produkte is inhoudelik en visueel deurgaans goed. <br/> Die vryskutvertaler Helena Goosen het gesorg dat die verbruiksgawe Engelse teks net so in idiomatiese Afrikaans staan. (Tog, af en toe kon sy maar  n Engelse woord in hakies gelos het. Weet jy byvoorbeeld cranberry juice is bosbessiesap? En die laaste ding wat  n vrou met urienweginfeksie wil doen, is om  n woordeboek te moet loop soek.)<br/> Loop hierdie maand die (sogenaamde) afslag-kopies van somerklere verby. Miskien ook sommer die dagstukkies vir dogters, en koop dié boek vir jou dogter. Want dis  n boek wat elke vrou, van 12 tot in die 80 s, byderhand behoort te hou. So intelligent, leersaam en direk soos kan kom. <br/> Ek is nie  n medikus nie, maar vir my kritiese, nuuskierige leke-oog lyk dit bygewerk tot op die hede. <br/> Wat meer is, ek het nuwe feite ontdek.<br/> Etlike liggaamlike en emosionele toestande en siektes raak  n vrou anders as  n man en moet dus anders benader word. <br/> Die tweede kernboodskap is dat jy, en nie  dokter  nie, die uitvoerende direkteur en eienaar van jou lyf en gees is. En om dit suksesvol te kan wees en te strewe na optimumgesondheid tot in lengte van jou dae, moet jy ingelig wees. <br/> En hier is dit alles: Die vrou se veranderende lewensfases, voorkomende sorg en simptome/tekens wat skadeloos is (die span mediese skrywers is positief en gerusstellend) en dié wat mediese aandag verdien. <br/> Die grootste gedeelte gaan oor die werking en sorg (van voeding tot anderkant oefening) van elke liggaamstelsel, met sketse, foto s en kassies waar nodig. Die lys hulpbronne is aangepas na plaaslike steungroepe of verenigings  jy hoef nie Londen toe te bel nie.<br/> Dis  n gids vir die vrou met gesonde verstand, want presies dít is die vertrekpunt: Gesonde, ingeligte verstand. <br/> <em>Gesond, lewenslank</em> het my erg optimisites laat voel.<br/> Ek sien al my spannetjie agterkleindogters  en raai Dorling Kindersley en sterk Afrikaanse uitgewers gaan ons almal tussen die blaaie hou.<br/> </p> <hr /> <p><strong>Onthouboek: Mamma, vertel my van jou lewe  Sarie Desember 2010</strong> <br/><em style="color: red">**Waarde vir geld**</em></p> <a name="21"></a> <p> Onthou jou ma se geskiedenis vir jou nageslag met hierdie boek. Hierin kan sy alles oor haar lewe aanteken. Só is jy nie later spyt jy het haar nie meer uitgevra nie. Marina Louw se tien oorspronklike kunswerke maak dit ook  n mooi bêreboek. </p> <hr /> <p><strong>Talisman teen troosteloosheid  2 Januarie 2011 in Rapport</strong></p> <a name="22"></a> <p> <a href="resensies_talisman.html" title="Resensie talisman">Lees die resensie van Talisman teen troosteloosheid...</a></p> <hr /> <p><strong>Soos `n birimankwe  Januarie 2011 in Weg</strong></p> <a name="25"></a> <p><strong>Toast Coetzer</strong><br/> <a href="resensie_birimankwe.html" title="Resensie birimankwe">Lees die resensie van Soos `n birimankwe...</a> </p> <hr /> <p><strong>Geheime in die tuin  Februarie 2011 in Weg</strong></p> <a name="22"></a> <p> <a href="resensie_gehuime.html" title="Resensie Geheime in die tuin">Lees die resensie van Geheime in die tuin...</a></p> <hr /> </div><!-- content end --> </div><!-- primary content end --> <div id="secondarycontent"> <!-- secondary content start --> <h3>Genres</h3> <ul class="secondarylist"> <li class="first"><a href="naslaanboeke.html" title="Opvoedkundig">Opvoedkundig / Educational</a></li> <li><a href="fiksie-11-14.html" title="Jeugfiksie">Jeugfiksie / Youth fiction</a></li> <li><a href="Niefiksie-volwassenes.html" title="Niefiksie: Volwassenes">Niefiksie: Volwassenes / Adult non-fiction:</a> </li> <li style="margin-top: 0px; padding-left: 20px; list-style-position: outside; font-size: 8pt; margin-left: 0px; padding-top: 0px; font-style: italic; list-style-type: disc"> <a href="gesondheid-en-leefstyl.html" title="Gesondheid en leefstyl">Gesondheid en leefstyl / Health and lifestyle</a> <a href="binding-met-jou-boepie.html" title="Binding met jou boepie">Swangerskap / Pregnancy</a> </li> <li><a href="geskenkboeke.html" title="Geskenkboeke">Geskenkboeke / Gift books</a></li> <li><a href="kortverhale.html" title="Kortverhale">Kortverhale / Short stories</a></li> <li>Kultuur / Culture</li> <li><a href="liefdesverhale.html" title="Liefdesverhale">Liefdesverhale / Romantic fiction</a></li> <li><a href="geskiedenis.html" title="Geskiedenis">Geskiedenis / History</a></li> <li><a href="godsdiens.html" title="Godsdiens">Godsdiens / Religion</a></li> <li><a href="humor.html" title="Humor">Humor / Humour</a></li> <li>Outobiografieë / Autobiographies</li> <li>Biografieë / Biographies</li> </ul> <!-- secondary content end --> </div> <div id="footer"> &#169; Malan Media All Rights Reserved. </div> </div> </div> </body> </html>