Titel: Ooskerk 90
1928-2018
ISBN: 978-1-920335-68-7
Beskikbaar Augustus 2018

Kronieke van ’n kerkgebou
oorvertel deur Marius Ackermann

 

Die aanbiddingsplek van die NG gemeen­te Pretoria-Oos is ryk aan atmosfeer en geskiedenis, en word allerweë beskou as een van Gerard Moerdijk se beste kerk­­ontwerpe. Deur die jare heen was die gebou ’n geestelike tuiste vir talle Pretorianers – van studente en koshuis­kinders tot meer permanente stadbewoners. ’n Kerkgebou is nie maar net ’n struktuur van klip en glas nie, maar ’n plek waar gelowiges in blydskap én broosheid vergader. Al die seisoene van menswees speel hier af: kinders word gedoop, jongelinge aangeneem, paartjies in die huwelik bevestig, en die lewe van gestorwenes gedenk. Hierdie boek bied ’n blik op die Ooskerk en haar mense, maar is bo alles ’n dankbetuiging vir die genade wat ons as gemeente die afgelope 90 jaar ontvang het.

 

Hierdie sprankelende en humorryke boek is die verhaal van die Ooskerk se pad van kronkels oor negentig jaar. Dit vier God se genade en mense se geloofsdade.

Prof. Cas Vos – digter, teoloog en vertaler

Ooskerk 90 vertel die verhaal van ’n geskiedkundige kerkgebou op ’n onderhoudende, kleurryke wyse en met goeie vermenging van erns en luim. Die beeldmateriaal is eweneens interessant, en die kunsfoto’s van hoogstaande gehalte.

Dr. Piet Muller – toekomskundige, skrywer en ouduitgewer