Titel: ONTHOUBOEK Mamma, vertel my van jou lewe
Outeurs: Linda Opperman & Annemarie van der Walt
Omslagontwerp: Marina Louw 
Formaat: Hardeband 
ISBN 978-0-9814075-2-4
UIT DRUK

 

Onthouboek – Mamma, vertel my van jou lewe is iets wat jy moet weggee voordat jy dit kan terugkry. Soos die meeste kosbare dinge in die  lewe.

Daar sal altyd gebeure, herinneringe en drome uit ons ma’s se lewens wees waarvan ons as kinders nie weet nie. Net soos ons eie kinders op hul beurt nie altyd van ons dinge weet nie. Omdat families meermale ver van mekaar, selfs tot aan die uithoeke van die aarde woon, is die kans op oorvertellings maar skraal en raak kostelike staaltjies so verlore.

Baie van ons het die voorneme om dit neer te pen, maar weet nie waar om te begin nie. En dit is wat die ONTHOUBOEK wil wees: ’n manier om herinneringe te ontsluit wat vir die komende geslagte ’n kleinood sal wees.