Meisies se dinge & . . .
Welkom in die wonderwêreld van Meisies se dinge en . . . en . . . en . . .
Cathy Hopkins se lekkerlees-reeks gaan oor Lucy, Izzie, Nesta en TJ se vriendskap deur dik en dun. Jy kan jou inleef in hul skreeusnaakse avonture, pret in die klaskamer, hul liefdesprobleme en hoe om die regte ou te kry. Saam met hulle naels kou oor tienerfrustrasies en hangups. Jy sal mal wees oor die meisies – hulle praat jou taal, lewendig en loslit. As jy begin lees het, sal jy al dertien boeke wil verslind. Funky, fab en . . . fan-flippen-tasties!
Hier's nou vir jou `n witwarm winskopie
Teken in en maak seker dat jy maandeliks een van dertien uitgawes in die reeks ontvang. Boonop bespaar jy deur in te teken. Die prys is net R112-00 per boekie plus posgeld van R35-00 en indien jy inteken, betaal jy slegs vir 12 uitgawes. Wow! Wat ‘n besparing! Witwarm winskopie? Klink vir my cool!
Stuur jou faks of e-posnommer aan orders@malanmedia.co.za en ons sal vir jou ‘n intekenvorm aanstuur.
Oor die skrywer
Cathy Hopkins is die outeur van die ongelooflik suksesvolle boeke Mates, Dates en Truth, Dare. Sy het pas ’n fantastiese nuwe reeks genaamd Cinnamon Girl begin. Sy woon in Noord-Londen saam met haar man en drie katte, Molly, Emmylou en Otis.
Cathy bring die grootste deel van haar tyd deur in ’n geboutjie agter in die tuin waar sy voorgee dat sy boeke skryf. In werklikheid luister sy daar na musiek, oefen hippiedanse en gesels per e-pos met haar vriende.
Af en toe sluit Molly die kat by haar aan. Molly dink sy is ’n subredakteur en loop graag oor die sleutelbord om woorde waarvan sy niks hou nie, te herskryf of uit te wis.
Emmylou en Otis is nuut in die huishouding. Tot dusver is hulle net so mal soos die ouer kat. Hul gunstelingspeletjie is om so vinnig moontlik van een kant van die huis na die ander kant te hardloop en te kyk of hulle kan vlieg as hulle hoog genoeg van die meubels afspring. Dit gebeur gewoonlik drie-uur soggens en hulle land op enige een wat toevallig daardie tyd slaap.
Afgesien van haar skrywery het Cathy by die gim aangesluit en bestee heeltemal te veel tyd om verskonings uit te dink waarom sy nie kan gaan oefen nie.
- 1 – Meisies se dinge & opblaasbra's
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-00-7
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Januarie 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Dit voel vir Lucy of alles om haar verander, dat daar skielik van haar verwag word om allerhande besluite te neem. Almal behalwe sy self weet al wie hulle is en wat hulle eendag wil doen.
En nou het haar beste maat, Izzie, ook vriende gemaak met Nesta, die pragtige nuwe meisie by die skool. Lucy voel nie baie gelukkig oor dié nuwe drietal nie. Nesta en Izzie kan deurgaan vir sestien, terwyl die veertienjarige Lucy skaars twaalf lyk.
Maar toe Lucy op 'n dag 'n baie aantreklike seun oor die straat sien loop, begin dinge in haar lewe verander . . .
- 2 – Meisies se dinge & kosmiese soene
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-01-4
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Februarie 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Izzie is cool, slim en pront met haar mond. Toe sy die ongelooflik aantreklike Mark ontmoet, sweef sy op 'n wolkie. Hy belowe om te bel . . . maar doen dit nie.
Desperaat raadpleeg Izzie haar horoskoop en bly by die huis ingeval hy haar probeer kontak.
Toe Izzie begin kop verloor en niks meer snaaks of prettig vind nie, besluit haar beste maats, Lucy en Nesta, dis tyd dat sy terugkeer tot die werklikheid. Maar daar is sekere dinge wat mens liewer nie wil hoor nie . . .
- 3 – Meisies se dinge & Portobello-prinsesse
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-02-1
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Maart 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Nesta is vreesloos en vol selfvertroue. Oral steel sy harte met haar modelvoorkoms, charisma en sjarme.
Sy ontmoet die perfekte ou - uiters aantreklik, met 'n sin vir humor en 'n minsame geaardheid. Maar daar is ook probleme. Simon kom uit 'n hoër stand en is net die beste gewoond - en dis moeilik vir Nesta om by te hou. En dan is daar Simon se vriendin Cressida, die ysige Portobello-prinses.
Nesta is vasbeslote om 'n goeie indruk te maak op Simon se mense, maar vind dat sy nie inpas nie. Gelukkig het sy vir Lucy en Izzie wat haar weer laat besef watter dinge in 'n mens se lewe regtig saak maak.
- 4 – Meisies se dinge & oorslaap-geheime
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-03-8
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde April 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Vir Theresa Joanne (TJ vir haar vriende) is dit 'n moeilike jaar. Haar beste maat het getrek en dit lyk of Wendy, een van haar klasmaats, 'n grief teen haar het. Dit pla haar ook dat seuns haar soos een van hulle behandel en blykbaar nie agterkom sy is 'n meisie nie.
Toe Lucy met TJ maats maak, voel sy spanne beter. Maar sal Nesta en Izzie haar ook aanvaar? Haar toelaat in hul binnekring en oorslaap-geheimpies, prettige dinge, en raad en wenke met haar deel? Kan hulle TJ help om haar ware self en haar moontlikhede te ontdek?
- 5 – Meisies se dinge & enkele oorlewendes
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-04-5
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Mei 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Lucy voel 'n bietjie eenkant. Almal behalwe sy het 'n ou. Ook Tony, vir wie sy so lank aan 'n lyntjie gehou het, het nou iemand anders gevind.
Een naweek saam met Izzie by 'n spa ontmoet Lucy toe net die regte ou. En hy is net so ingenome met haar.
Maar ná 'n ruk raak sy verveeld. Iemand kan jou met sy liefde versmoor, ontdek sy. Miskien is dit nie 'n slegte idee om weer op jou eie te wees nie.
- 6 – Meisies se dinge & gruwelike glipse
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-05-2
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Junie 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Izzie raak rusteloos, is gretig om soos 'n volwassene behandel te word. Dis nou tyd om te verander, besluit sy.
Saam met die nuwe Izzie kom ook nuwe probleme. Eerstens is daar Josh Harper, heelwat ouer as sy en baie oulik, maar wild. Nog 'n probleem is haar ma wat glad nie die "nuwe Izzie" wil aanvaar nie. En dan is daar die aand by Nesta-hulle se huis toe Izzie besluit om mengeldrankies te maak . . .
Algaande leer Izzie heelwat omtrent haar self en wat dit beteken om op te groei - maar in die proses krap sy die mense om met wie sy te doen kry.
- 7 – Meisies se dinge & magneetkrag
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-06-9
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Julie 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Izzie, Lucy en TJ staar my aan asof ek 'n sirkusfrats is wat vir hulle 'n toertjie moet uithaal. Ek skud my kop heftig. "Jy sal een of ander tyd jou mond moet oopmaak," sê Lucy. "Komaan, vat weg jou hand voor jou mond." Ek skud weer my kop. "Dis awful. Ek lyk soos 'n bliksnyer."
Nesta is skoon verslae. Sy het tydelik draadjies in haar tande en is bevrees sy sal al wat 'n seunskind is afskrik en aan die moordhaai in Jaws laat dink. Om te probeer glimlag sonder om haar tande te wys, is ook nie 'n opsie nie. Daar is net een uitweg - om 'n kluisenaar te word.
Lucy, Izzie en TJ probeer haar troos dat sy nog net so mooi is soos altyd, dat dit haar sprankelende persoonlikheid is wat tel. Maar Nesta is nie oortuig nie.
Dinge verander egter toe sy vir Luke ontmoet. Hy help haar om haar selfvertroue terug te kry en 'n nuwe faset van haar persoonlikheid te ontdek.
- 8 – Meisies se dinge & misverstand en moleste
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-07-6
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Augustus 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Toe Luke, die ou met wie Nesta uitgaan, sy vurige liefde teenoor TJ verklaar, weet sy nie wat haar getref het nie. Sy voel dalk dieselfde teenoor hom, maar hy is tog Nesta se ou! Sy probeer hom vermy, maar toe hul skole saamwerk aan 'n projek, word Luke as koördineerder gekies. TJ het geen ander keuse nie as om hom gereeld te sien.
Misverstand en slegte kommunikasie bedreig die meisies se goeie betrekkinge en verdeel hulle in twee kampe: Lucy en Nesta teenoor Izzie en TJ. Sal hul vriendskap dit oorleef?
- 9 – Meisies se dinge & `n wegkomkans
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-08-3
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde September 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

'n Skooltoer na Florence bied Lucy 'n ideale wegkomkans. Sy moet 'n bietjie afstand kry van Tony wat die laaste tyd druk op haar plaas om hul verhouding verder te voer.
In Italië ontmoet sy 'n baie gawe en ordentlike jong man op besoek aan Toskane. Net die regte ou om haar van Tony te genees, dink sy. In Italië maak Lucy ook kennis met 'n wêreld van kultuur en verfyndheid.
Kan sy haar losmaak van Tony en aangaan met haar lewe? Of sal sy maar net weer van die wal af in die sloot beland?
- 10 – Meisies se dinge & sjokolade-verleiding
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-09-0
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde Oktober 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Izzie was nog altyd mollig, maar van Kersfees af het sy drie en 'n halwe kilo opgetel, en niks in haar klerekas pas nie! Om die ekstra gewig af te skud, beproef sy al wat 'n dieet is, volg 'n moordende oefenprogram en luister na elke brokkie advies wat sy kry.
Omdat sy heeltyd oor haar gewig stres, is sy haar selfvertroue kwyt. Haar maats se ondersteuning en die feit dat sy gekies is vir 'n tienerpaneel op TV, help nie veel nie. Ook nie dat die oulike ou by die ateljee van haar hou net soos sy is nie.
Haar vriendinne span saam om haar te help, maar sal Izzie weer tot haar sinne kom?
- 11 – Meisies se dinge & drome
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-10-6
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Einde November 2009
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

"Daai William Lewis dink 'n lot van hom self," sê ek. "Hy's so 'n pyn in die dinges." "H'mmm," grinnik Lucy. "Dis presies wat hy van jou ook gesê het." "Het hy? Wat 'n vermetele vent. Hy irriteer my. Ek haat hom." Lucy, TJ en Izzie kyk veelseggend na mekaar. "Jip," sê TJ. "Jy haat hom." Lucy en Izzie bars uit van die lag, asof TJ iets skreeusnaaks gesê het. My arme maats is sweerlik van hul trollie af . . .
Nesta se lewe is onderstebo vandat sy liefdadigheidswerk begin doen het. Sy het gedink dis 'n cool manier om mense (lees: ouens) te ontmoet. Maar toe haar oë oopgaan vir die lydende mensdom, wil sy regtig uit haar hart uit ander mense help.
Toe ontmoet Nesta vir William, wat haar motiewe bevraagteken. Sy glo vas hy haat haar, en hy voel dieselfde oor haar. Izzie, Lucy en TJ is egter oortuig die twee is verlief op mekaar.
- 12 – Meisies se dinge & skroeiwarm somers
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-11-3
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Januarie 2011
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

"Dis seker die laaste sien van Ollie Axford," sê ek. "Ek sou nie so seker wees nie, TJ," sê Nesta. "Die kanse is goed dat hy jou sal probeer date." "Ek weet darem nie, hy lyk anyway vir my na 'n regte joller. Jy ken mos sy soort. Daai glinstering in sy oë vertrou ek nie." "'n Bietjie soos Luke?" vra Lucy.
Vir TJ was dit 'n lang droogte, sonder 'n enkele ou op haar horison - en toe skielik is daar sommer twee gelyk! Net toe TJ besluit die hartebreker Ollie Axford is die regte ou vir haar, wil Luke de Biasi ewe skielik weer hul romanse laat vlam vat!
TJ is verskeur tussen hulle, en sy voel soos 'n tweegesig. Maar sy hou op om haar oor ouens te verknies toe iemand na aan haar ernstig siek word. TJ moet haar kop skoon kry en sy het nou die ondersteuning van haar vriendinne - Lucy, Nesta en Izzie - dringend nodig!
- 13 – Meisies se dinge & die geheime storie
- Outeur: Cathy Hopkins
- ISBN: 978-1-920335-12-0
- Prys: R112-00 (+ R35-00 posgeld)
- Publikasiedatum: Januarie 2011
- Formaat: Sagteband
- Bladsye: 144

Eindelik word die sluier oor Tony en Lucy se romanse gelig.
Lucy Paps ry stadiger toe die robot verander . . . en toe sien ek hom! 'n A-s-e-m-r-o-w-e-n-d aantreklike ou. Hy kom by St Michael's se skoolhek uit en loop voor die motor verby. Donker. Lank en lenig. Hoekige kaak. My hart tuimel en tol, uit sy kassie uit op hol . . .
Tony "Sê my, wat dink jy van Lucy en Izzie?" wil Nesta weet. "H'm, oulik," sê ek. "Bedoel jy hulle al twee?" "Wie's nou weer wie?"
Tony het nie die vaagste idee die ondeunde, elfie-agtige Lucy sal binnekort sy hart steel nie. Maar ware liefde verloop nie sonder kinkels en knakke nie. Sy kant van die storie en Lucy se kant sal groot leesplesier verskaf aan die bewonderaarsklub van Meisies se dinge & . . .