Lushof kry 'n nuwe baas

Lees meer oor Lushof kry 'n nuwe baas

Evie van Dale probeer ná haar egskeiding die stukke van haar lewe inmekaar pas. Op pad na die verwaarloosde plaas wat sy van haar ontroue gewese eggenoot “geërf” het, oornag sy in ’n kleindorpse hotelletjie waar sy in vreemde omstandighede kennis maak met ene Gerbrand . . . ’n aantreklike, forsgeboude maar befoeterde man. Sy fantaseer heimlik oor hom, maar sal hul paaie ooit weer kruis?
Evie is vas van plan om die vervalle geboue op die plaaswerf weer op te knap, met ’n veeboerdery te begin en die plaas in ’n lushof te omskep. Om haar as vrou te handhaaf tussen al die beterweterige en opdringerige mans van die aangrensende plase is ’n felle stryd, maar sy laat haar nie onderkry nie. En dan verskyn Gerbrand, ’n man uit een stuk, weer op die toneel . . .

Liefdesverhale / Romantic fiction

  • Lushof kry 'n nuwe baas
  • Outeur: Helene Olivier
  • ISBN: 978-1-920335-18-2
  • Prys:
  • Publikasiedatum: Einde Oktober 2011
  • Formaat:
  • Bladsye:


Genres