Titel: Leivore
Outeur: CR Snyman
Prys: R180,00
ISBN 978-1-920335-46-5
UIT DRUK

 

Die eerste deel van hierdie boek bevat ’n filosofiese bespreking van vier verskillende vorms van waarneming, te wete primêre, sekondêre, neutrale en wesenlike waarneming. Daar word betoog dat ’n mens daarna behoort te strewe om die hoogste prioriteit aan laasgenoemde vorm van waarneming te verleen. Die betekenis van hierdie vorm van waarneming word uiteengesit. Dit handel oor die omgaan met verskynsels of begrippe wat nie sintuiglik waarneembaar is nie; wat ’n nie-intellektuele en nie-pragmatiese karakter dra; wat fokus op die wonder van die syn teen die agtergrond van die begrip “niks”; die rol van eksistensiële angs wat die deur open tot ’n “outentieke” bestaan; die noue verband tussen skoonheid, waarheid en die negatiewe (lyding of teleurstelling), asook die soeke na sin en na die wese van skoonheid.

Die tweede deel van die boek bevat verspreide aantekeninge oor uiteenlopende onderwerpe, wat aansluiting by die begrip “wesenlike waarneming” vind, soos hoe lesers of kunsliefhebbers medeskeppers en -instandhouers van kunswerke is; hoe die dood altyd ter sprake is by alle ware skoonheid, en die gedagte dat as die dood nie bestaan het nie, daar ook geen skoonheid sou bestaan het nie; hoe ware skoonheid net tot ’n mens in sy hoedanigheid as eensame, afgesonderde individu, in teenstelling tot sy hoedanigheid as sosiale wese, spreek; die verskille tussen die klassieke en romantiese skole in die kunste en kultuurgeskiedenis; asook enkele konkrete beskrywings van plekke of gebeurtenisse.

Die skrywer was dertig jaar lank professor in strafreg aan die regsfakulteit van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het ook ʼn lewendige belangstelling in filosofie.