Emigrant/Immigrant

William Lottering

Emigrasie is eers ’n sterfproses en dan ’n geboorte.

In die vroeë 1990’s emigreer Andries en Joannie Wasserman met hulle twee kinders uit Suid-Afrika na Toronto, Kanada. Hulle is onvoorbereid op hoe traumaties dit is wanneer jou hede en verlede duisende kilometer uitmekaar lê. Deur fragmente wat uit verskillende gesinslede se perspektief aangebied word, bied William Lottering die leser ’n blik op die intense, kulturele vervreemding en verlies aan identiteit wat so ’n verplanting meebring. Lees meer …

 

 

 


Talisman teen troosteloosheid

Annemarie van der Walt

Humor en heimwee loop hand aan hand in hierdie bundel. Saam met die outeur reis die leser in die Laeveld, in Afrikalande en in Europa, probeer kinders groot kry, hang uit in die local pub, hoor fado’s, woon in ’n treinwa vir ’n huis, probeer ’n huis bou, bedink die plek van vroue en hoor wonderlike soorte Afrikaans. Lees meer …

 

 

 

 

 


Vertel da’ vir my ʼn storie
van Namakwaland

In ’n afgeleë dorpie aan die voet van die Kamiesberg, doer in Namakwa­land, weet almal min of meer van almal. Plaasmense en dorpenaars is gereeld met mekaar in aanraking en saans op die stoepe word daar lang stories vertel. Lees meer …