Titel: Hoe byna alles uitgevind is
Outeurs: Jilly MacLeod
ISBN: 978-0-9814075-0-0

UIT DRUK

Wanneer is die eerste wiel gebruik? Wie het die blink gedagte gehad om ’ n gloeilamp te maak? Wat is die verband tussen ’ n teepot en ’ n sneltrein? Vind alles uit oor sleuteluitvindings wat die wêreld verander het (en gelei het tot byna alles wat later ontdek is). Fantastiese uitvoubladsye wys die wie, wat, wanneer, waar en waarom van elke uitvinding en verduidelik hoe dit ons lewens verander het.     Met die Brainwaves wys die illustreerders Lisa Swerling en Ralph Lazar die dinamiek en humor wat hul werk kenmerk. Die piepklein Brainwaves is jou gidse tot die groot idees wat die wêreld geskud het, tot die deurbrake wat na nuwe uitvindings gelei het en die skitterende neweprodukte wat gevolg het.