Hoe byna alles uitgevind is

Lees meer oor Hoe byna alles uitgevind is
Hallo, ek's 'n Brainwave.

Ek en my maters neem jou op 'n wonderlike ontdekkingstog van al die werklik belangrike uitvindings wat mense se lewens verander het. Ons wys jou nie net al die masjiene en toestelle nie, maar ook hoe, waar en wanneer alles begin het, wie al die dinge uitgevind het – en wat daarop gevolg het.

Fantastiese uitvoubladsye laat die hele storie voor jou oë afspeel en nooi jou om aan alles mee te doen. Kyk waar pas al die skroewe en moere in. Vind uit hoe werk die kleppe en suiers van die binnebrandenjin. Ry saam in 'n motor tot waar die enjin die grond verlaat en 'n vliegtuig die wolke klief.

Loer deur een van die vroegste lense en volg die spoor tot by die nuutste digitale kamera. Ontdek hoe transistors en mikroskyfies die weg gebaan het vir ruimteverkenning deur robotte. Jy kan selfs 'n idee kry van hoe oorlogsgeheime gelei het tot die uitvinding van tuisrekenaars.

Met hierdie boek wys die illustreerders Lisa Swerling en Ralph Lazar, en die skrywer Jilly MacLeod, die dinamiek en humor wat hul werk kenmerk. Die piepklein Brainwaves is jou gidse tot die groot idees wat die wêreld geskud en tot nuwe uitvindings en skitterende neweprodukte gelei het.


Hoe byna alles uitgevind is Hoe byna alles uitgevind is
Oor die skrywer

Jilly Macleod studeer dierkunde aan die Universiteitskollege, Londen, en sluit daarna by 'n toonaangewende uitgewer van kinderboeke aan waar sy haar as boekeredakteur bekwaam. Sy het sedertdien 'n wye reeks niefiksie- en naslaanboeke vir kinders ontwikkel en ook verskeie inligtingsboeke vir kinders geskryf.

Opvoedkundig

  • Hoe byna alles uitgevind is
  • Outeur: Die Brainwaves
  • ISBN: 978-0-9814075-0-0
  • Prys: R195-00 + R30-00 posgeld (BTW ingesluit)
  • Publikasiedatum: Oktober 2008
  • Formaat: hardeband
  • Bladsye: 64


Genres