Titel: Hierdie plek, hierdie tyd
Outeur: Marinus Wiechers
ISBN: 978-1-920335-78-6
Prys: R855 per genommerde eksemplaar van versamelaarsuitgawe met sketse.

Oplaag slegs 100.

Wie het beveel dat hierdie plek, hierdie tyd myne moet wees?
Met hierdie aanhaling van Blaise Pasçal wat Marinus Wiechers as sy motto neem, open hy die landskap op ’n reisiger deur Suid-Afrika in ’n internasionale wêreld, deur andere se lewe en deur daardie moeisame laaste reis wat almal eendag moet onderneem. Enersyds is dit ’n outobiografie, andersyds ’n perspektief wat die meeste mense probeer kry: die buiteblik op jou self. Dit kan nooit alles sê nie, maar dit is belangrik omdat dit so genadeloos opreg is.

Wiechers was ’n oudrektor van UNISA, ’n uitstaande akademikus en regsgeleerde wat ten nouste gemoeid was met Suid-Afrika se konstitusionele ontwikkeling in stormagtige tye, ’n skilder en aspirerende skrywer. Hy was egter by uitstek iemand wat die goeie wil getoon het om andere te verstaan en só meer van hom self te wete gekom het.