Hart van ink

Lees meer oor Hart van ink

“Dis buite donker en dynserig van die reën en die vreemdeling is skaars meer as ’n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak.”
Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug ná die man hom waarsku dat ’n meedoënlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter ’n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwoorde in die boek en in ’n ou Noord-Italiaanse bergdorpie, waar die denkbeeldige skielik waar word. Hierdie fantasieverhaal is die eerste in ’n trilogie.

Die Duitse kinderboekskrywer Cornelia Funke se werk is reeds in meer as 40 tale vertaal en talle van haar boeke is wêreldwye blitsverkopers. Haar werk is ook met verskeie internasionale toekennings bekroon. Hart van ink is net die regte leesstof vir Harry Potter-aanhangers. Die boek is reeds verfilm en Inkheart spog met ‘n sterbelaaide rolbesetting.

. . . a parallel world to rival Tolkien’s . . . The Times

Jeugfiksie

  • Hart van ink
  • Outeur: Cornelia Funke
  • ISBN: 978-0-9814075-8-6
  • Prys: R169-00 (BTW ingesluit)
  • Publikasiedatum: 2009
  • Formaat: sagteband
  • Bladsye: 544


Genres