Jeugfiksie
Hart van ink
Die Duitse kinderboekskrywer Cornelia Funke se werk is reeds in meer as 40 tale vertaal en talle van haar boeke is wêreldwye blitsverkopers. Haar werk is ook met verskeie internasionale toekennings bekroon. Hart van ink is net die regte leesstof vir Harry Potter-aanhangers. Die boek is onlangs verfilm en Inkheart, met ’n sterbelaaide rolbesetting, word plaaslik in Februarie 2009 vrygestel. Lees meer
1 – Meisies se dinge & opblaasbra's
Dit voel vir Lucy of alles om haar verander, dat daar skielik van haar verwag word om allerhande besluite te neem. Almal behalwe sy self weet al wie hulle is en wat hulle eendag wil doen. Lees meer
2 – Meisies se dinge & kosmiese soene
Izzie is cool, slim en pront met haar mond. Toe sy die ongelooflik aantreklike Mark ontmoet, sweef sy op 'n wolkie. Hy belowe om te bel . . . maar doen dit nie.Lees meer
3 – Meisies se dinge & Portobello-prinsesse
Nesta is vreesloos en vol selfvertroue. Oral steel sy harte met haar modelvoorkoms, charisma en sjarme. Lees meer
4 – Meisies se dinge & oorslaap-geheime
Vir Theresa Joanne (TJ vir haar vriende) is dit 'n moeilike jaar. Haar beste maat het getrek en dit lyk of Wendy, een van haar klasmaats, 'n grief teen haar het. Lees meer
5 – Meisies se dinge & enkele oorlewendes
Lucy voel 'n bietjie eenkant. Almal behalwe sy het 'n ou. Ook Tony, vir wie sy so lank aan 'n lyntjie gehou het, het nou iemand anders gevind. Lees meer
6 – Meisies se dinge & gruwelike glipse
Izzie raak rusteloos, is gretig om soos 'n volwassene behandel te word. Dis nou tyd om te verander, besluit sy. Lees meer
7 – Meisies se dinge & magneetkrag
Izzie, Lucy en TJ staar my aan asof ek 'n sirkusfrats is wat vir hulle 'n toertjie moet uithaal. Ek skud my kop heftig. "Jy sal een of ander tyd jou mond moet oopmaak," sê Lucy. Lees meer
8 – Meisies se dinge & misverstand en moleste
Hierdie boek ondersoek die verstommende verhoudings tussen lewende dinge en hul omgewing. Lees meer
9 – Meisies se dinge & `n wegkomkans
'n Skooltoer na Florence bied Lucy 'n ideale wegkomkans. Sy moet 'n bietjie afstand kry van Tony wat die laaste tyd druk op haar plaas om hul verhouding verder te voer Lees meer
10 – Meisies se dinge & sjokolade-verleiding
Izzie was nog altyd mollig, maar van Kersfees af het sy drie en 'n halwe kilo opgetel, en niks in haar klerekas pas nie! Om die ekstra gewig af te skud, beproef sy al wat 'n dieet is, volg 'n moordende oefenprogram en luister na elke brokkie advies wat sy kry. Lees meer
11 – Meisies se dinge & drome
Nesta se lewe is onderstebo vandat sy liefdadigheidswerk begin doen het. Sy het gedink dis 'n cool manier om mense (lees: ouens) te ontmoet. Maar toe haar oë oopgaan vir die lydende mensdom, wil sy regtig uit haar hart uit ander mense help. Lees meer
12 – Meisies se dinge & skroeiwarm somers
Vir TJ was dit 'n lang droogte, sonder 'n enkele ou op haar horison - en toe skielik is daar sommer twee gelyk! Net toe TJ besluit die hartebreker Ollie Axford is die regte ou vir haar, wil Luke de Biasi ewe skielik weer hul romanse laat vlam vat! Lees meer
13 – Meisies se dinge & die geheime storie
Eindelik word die sluier oor Tony en Lucy se romanse gelig. Tony het nie die vaagste idee die ondeunde, elfie-agtige Lucy sal binnekort sy hart steel nie. Maar ware liefde verloop nie sonder kinkels en knakke nie. Lees meer