Titel: Drieklank
Outeur: Ida Stols
ISBN 978-1-920335-21-2

UIT DRUK

Drie vroue wat mekaar glad nie persoonlik ken nie, se lewens is onlosmaaklik in mekaar verstrengel. Kiara, kunstenaar en vrye gees, besef haar lewe word opgesom deur die dinge wat op haar oorvol rak vir ’n plekkie veg: judoklere, ’n Boeddha-beeldjie, onvoltooide mosaïekprojekte, wierook, uitgedroogte buisies verf, sigarette, ’n raket. En êrens is daar ook boeke oor meditasie en Hindoeïsme, maar dié sien sy nie nou nie. En dit is net so wel, want georganiseerde godsdiens is nie vir haar nie. Sy het jare gelede reeds besluit dit is sommer mind control, pure breinspoeling. Allison weer, is net te besig om veel aandag aan kerkdinge te skenk. Sy het ’n droomman, ’n pragtige krulkopseuntjie en ’n baba. Al haar dogtertjiedrome is verwesenlik. Die kerkgoed moet net vir eers wag. Dis nie dat sy nie wil nie, sy het regtig net nie nou die tyd nie! En die Here verstaan mos. Isabella kan sweer dat sy die Here soms hier reg langs haar hoor asemhaal. Sy praat met Hom, en Hy met Haar. Sy het lankal opgehou verduidelik van die beelde wat sy sien. Dit verwar mense, maak hulle boonop lugtig vir haar. Nou luister sy net, en sy bid.