Donker sjokolade vir dokter Daniel

Lees meer oor Donker sjokolade vir dokter Daniel

Mia Marais, ’n petite donkerkop, ontmoet die dodelik aantreklike dokter Daniel van der Merwe in ’n banketbakkery in Pretoria.
Uit die staanspoor is daar ’n onmiskenbare magnetiese kragveld tussen die twee. Mia se knieë smelt soos warm sjokolade toe hy sy donker onpeilbare blik op haar rig...
Toe sy kort daarna as verloskundige by die dokter se plattelandse praktyk op Soetdoring inval om babas te vang, ontluik ’n romanse van soete verleiding en vurige hartstog tussen Mia en Daniel. Maar elkeen het bagasie... Sal hulle duister dinge uit hul verlede kan oorkom om mekaar eindelik te vind?

Liefdesverhale / Romantic fiction

  • Donker sjokolade vir dokter Daniel
  • Outeur: Amelia Strydom
  • ISBN: 978-0-9814075-5-5
  • Prys: R83-95 (BTW ingesluit)
  • Publikasiedatum: Einde Junie 2011
  • Formaat: sagteband
  • Bladsye: 160


Genres