Titel: Binding met jou boepie
Outeur: Dr Miriam Stoppard
ISBN: 978-0-9814075-1-7

UIT DRUK

Binding met jou boepie help jou om jou ongebore baba te leer ken, te verstaan en te koester. Dr Miriam Stoppard bekyk die jongste navorsing oor babas in die baarmoeder en verduidelik hoekom binding tussen moeder en baba noodsaaklik is vir die toekomstige welsyn van die ma, die pa en hul kindjie.

Binding met jou boepie verskaf inspirerende leiding langs die onbekende weë van jou swangerskap. Dit fokus op emosies soos blydskap en bekommernis wat jy sal ervaar en wys jou hoe om aan te pas by die veranderings wat ouerskap meebring.

Vind meer uit oor dr Miriam Stoppard se boeke by www.dk.com/miriamstoppard en verneem van Miriam Stoppard self by www.miriamstoppard.com

 

Die outeur

Miriam Stoppard, doktor en fellow van die Royal College of Physicians, is die VK se gewildste mediese skrywer, televisie- en radio-omroeper en rubriekraadgewer. Miljoene ma’ s en pa’ s maak staat op haar duidelike en toeganklike advies. Haar talle trefferboeke sluit in Conception, Pregnancy & Birth, First-Time Parents en Complete Baby & Childcare, almal uitgegee deur Dorling Kindersley. Haar maatskappy Miriam Stoppard Lifetime ontwikkel produkte en dienste vir ma’s, babas en gesinne. Sy het twee seuns, twee stiefseuns, twee stiefdogters en tot dusver elf kleinkinders.

Miriam Stoppard is deur Bounty Mums aangewys as die VK se nommer een ouerskap-ghoeroe.